Liefde
my lief
ek gee my hart aan jou
jy gee jou hart aan my
jy slyp my skerp punte rond
ek brei jou tot sagte klei
jy deel my diepste geheime
jy bêre dit in jou hart
jy deel my diepste vreugdes
ek jou diepste smart
jy is vir my die spieël
wat my wys hoe my binnekant lyk
soms is ek vir jou die spieël
waarin jy na jou wese kyk
waar jy swak is
is ek sterk
as ek val help jy my
saam kon ons droom
ons liefde laat uitgekring
jy son ek maan
2 =1 1=2
perfekte formule
draaiend saam
in ons liefdesbaan
4 Kommentare
-
-

Toom
Dis skrikwekkend wat die liefde van ons verlang - vertroue, ondersteuning te aller tyd, opoffering, oorgawe, prysgee van intiemste geheime . . . Gelyktydig harde werk en koue rillings. Dis oorweldigend waarmee die liefde ons beloon - vertroue van die geliefde (en baie ander mense ook nog), ondersteuning deur die geliefde in tyd van nood, 'n skatkamer van wete, van kennis oor iemand anders, om op te bewaar of om in 'n gedig by voorbeeld te openbaar. So 'n gedig. Dankie. GvT
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie mooi liefdesvers, Elroux. :-)