Jongste aktiwiteit:

Miskraam

ek het jou verloor
wat meér kan ek sê
nóú dat hiérdie són-dag
só bleek, só doodswit
oor my bestaan breek
en dúrf verder gaan
tot dáár, waar die éinde
só máklik
pýnloos bly voortbestaan
sy rou so rústig is
ek het jou verloor
soos ‘n bedelaar sy wil
en
ek sal moet vérder gaan
alleen
sal moet bestaan
van die aalmoes van elke dag
(labri ©)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed