Jongste aktiwiteit:

Kinderlose belydenis

Lánk gelede se drome oor ons troudag
in die verre lande van eéndag
elke aand se lê en bid na sterre
onder een hemel saamgedruk
tot ‘n mensdom wat val en breek
en gegom word om nuut te wees
lê ‘n liefde
wagtend by ‘n waterkruik
en die fontein spuit saad
vir klein kindertjies
in blasies uit

daar, by my stad se witperd
waar haastige jaende asems snak
waar die klipkerk versteen op Woensdag
(die koster is dood)
lê my drome in nessies
in duif-eiers, ongebroeid
koud en dood
en ek keer terug na my hémelbed
en bid die geboorte van ‘n koster
in my dooie, leë skoot

dan wys ek links – draai regs
kyk op na die helse son
en val my dood oor ‘n klip
en vergaan in die hél van my drome
waar jy met jou gesplete tong
druiwekorrels aan my tepels hang

toé het jy soos ‘n kwarteltjie
teen my siel, bloederig gebars
en verlate deur jou
máns-oë, dood gestaar
toé
het jy
soos ‘n fyn-besnaarde viool
op my skouer kom lê
ek het oor jou snare gestryk
en saâm het ons
ons leég gehuil
(labri ©)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed