blare
dit is ‘n oerboom
hy verloor baie blare
sy blare verbruin en val
die grond om hom verryk
sy blare verdwyn egter nie
as jy mooi oplet is daar nog
sulke bruin blare wat blink
wat vernuwing verkondig
‘n teken van diep wortels
wat met die seisoen
weer nuwe gladde
blare genereer
so is die lewe
van die stoere held
figuur van ‘n egte boer
©Teárlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek