Jongste aktiwiteit:

Laaste maal

Dáárdie dag, Heer wanneer ons vir laas vergader
Ál my geleenthede verspeel, dit te laat is
My olie vir U voete verspil, my put opgedroog vir U dors
My hande uitgedroog om U soom aan te raak
Wát gaan ek hoor? Praat U in woorde
Hoe resoneer U gedagtes oor my
Diep barbaarse woede soos tromme
Of gotiese klanke uit ‘n tjello en trompet
Heer, neem vandag reeds my hande in U s’n
Rig my voete altoos nader aan U
Én my gedagtes, neem dit gevange
Want my tyd raak min die geleenthede het verdwyn
Máár ek weet by U is goedentierigheid
Genade en liefde onbeperk
Vergewe daarom ook vandag
Oor die verlede het ek geen beheer
Oor die toekoms gee ek U volmag
Neem dit om ánder te dien en U te eer
labri ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed