Aubade
Aubade
Die son wil nie opkom in my gemoed waar
‘n Aurora Borealis skemerte heers in my hart
waar ek treur onder ‘n wilger se droewige
slierterige hangtakke in meegevoel met my
en ek hoor ‘n rustige vesper melodie op die
aandbries aangeswewe kom en ek besluit
onder die donker sekelmaan en
helder knipoog sterrehemel
genoeg is genoeg kry nou klaar en droog
jou trane af met sefier se koel afvee en
hef ‘n ditirambe aan op die kosbare lewe
en groet die helder oggendson in ‘n hemelse
aubade—
Janetta – Helena [Babs] ©
Aubade = Oggendlied of Môrehulde, Vesper = Aandlied,
Aurora Borealis = Noorderlig, Ditirambe = Loflied.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.