
damocles – kultuur
die kind draal leepoog huistoe
daar is niks vir hom by die huis
ouers en boeties kom eers laat
middag alleen met net bediende
tuis kry hy koffie of tee met brood
skraps botter en smeersel konfyt
soms net ‘n droë korsie wat oorbly
na bediende en tuinjong gehad het
saans wanneer ouers tuis kom
word gekook, eet en gaan slaap
huiswerk of te niet – sy eie saak
by die skool is hy maar ‘n sluiper
naweke ja – dan is daar tyd oor
dan lewe alles tuis sonder hulp
geen bediende-invloed of – kos
saam speel en gesels mos almal
maandag maar weer leepoog tyd
heen en weer sonder doel – besef
ouers die skade van ander kultuur
op hul kinders se gees en houding
slegte gewoontes wat later seer maak
hartseer oor verkeerde blootstelling
wat selfs die kind se lot kan bepaal
hang soos ‘n swaard van damocles
blinde vertroue kan lei tot skade
onherstelbare skade aan jou kind
ek weet – ek was daar gewees…
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.