Bipolêr
Tussen die metronoom se pendulum
en ‘n ou Grandpa clock
loop die tyd in twee rigtings
een militêr presies
die ander týdsaam, finaal, uit
daar waar die uurglas se dans
met die pendulum vinnig twist
tussen rock ‘n roll fyn sand
in die ratwerk gooi
tyd het sy eie einde,
mý tyd
wanneer dit finaal stop
die tik-tak van my hart stil raak
loop dit oor in die lewe van ‘n kind.
labri © Copyright.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.