Jongste aktiwiteit:

Ek glo

Ek glo.
Heer, hierdie voorhangsel oor my
Gaan dit nie oopmaak of skeer
My siel uitgelewer in smart, onbevry
Weét ek dat my liggaam dit verteer

Vir jare het ek U gesmeek en soek
Dwalend gereis na wrede wêrelde vol smart
Staan ek nou voor U ongesoomde doek
God, skeer hierdie hangsel van swart

Weg van hierdie rowe wat ewig pynend bou
Oopskeur in vrot gate wat tot op been oopval
Sien U dan nie die trane van vrees en rou
Wat in kristalle uitkring in bittergal

Wat etterend simbale slaan, die wande
Van my siel wat sidder die harp en sietersnare
Verpletterd deur sonde, kennis, skande
Bly staan my geloof tussen U liefdespilare.
(labri ©)

NS. Die verwysing na ongewoon is omdat Jesus se kleed geen ánder handwerk gehad het nie – dit is as ‘n geheel geweef.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed