Die euwel
vergryp jou nie aan drank
terwyl jou lewe aan skerwe spat
diep gaan lê die stank
die euwel laat lê jou plat
walglik is dit in die oë van ander
slaan jy jou eie naam met ‘n plank
nooit sal jou probleme verander
want dit eindig op met stank vir dank
terwyl jou liggaam die tempel is van God
en jy besig is om dit aan satan te verkoop
aan jouself bewys jy geen gebod
behalwe om jou eie doodsvonnis te koop
jou probleem los jy nie op
inteendeel verrot jou denke
as jy jou weer kon kry moet jy pasop
is jy besig om vernietiging te denk
wees nugter in jou denkwyse
oordink jou probleme kommervry
sodat jy nie alles verloor in duur pryse
en leef langer nuutgevonde en vry
kry ‘n lewe in Christus
anders word jy vervloek
is dit nie die moeite werd aldus
en sit jy nie eenkant in ‘n hoek
staan op en begin lewe
‘n glimlag is beter as ‘n traan
moenie staan en bewe
laat godswater nie oor godsakker begaan
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.