Jongste aktiwiteit:

Oupa se Wandelstaf

enig in verskillende soorte
kry jy dit by die markte
vir jou om jou mee te stut
wie kon nou raai dat die ouderdom
jou so sal jaag
te kies en te keur
staan hul daar in die hoek
reg vir elke dag se gebruik

mag jy my wandelstaf wees
die dag as ek jou benodig
wanneer my rug nie meer so reguit
en my knieë my nie meer wil dra
toeka se tyd het ek oupa dop gehou
sy kierie het vir niks verkeerd gestaan

‘n grappie of twee was sy plesier
kry jy speels ‘n stampie op die boud
kraai hy van plesier met sy kleinkinders
wat om hom draai

liefde was daar vir elkeen
terwyl die hart nie meer so goed
was sy wandelstaf sy stut
soms het hy daarop geleun
terwyl trane wys op sy wange
verseker aan sy gedagtes
wat by elkeen sou rus

vandag koester ons die kierie
spesiale plekke het hy gekry
aan oupa gewy in jare terug
loop soms die trane oor ons wange
van verlange na speels daggies
eendag dalk gebruik ons
die wandelstaf self

Louisa Van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed