Jongste aktiwiteit:

Soldaat

Die wind waai noord
gedryf en opgelei vir volk en vaderland ,
jy ken van reguit lyne en lyne reguit maak

Seksie word peleton , peletonne saam maak ‘n bateljon
gedrewe en trots gerig in reguit lyne
reg om die wêreld te skuif

Korporaal ook nog maar kind
lei ander kinders aan hulle neuse rond
kind word spoedig man , getroue gesoute soldaat

Die wind waai noord
elke tree in gespanne noot luiperd kruip
die doodsakker nader koue staal in arms vasgedruk

Magasyne vol koperpatrone lê manne
in geoefende formasie die lokval vooraf goed beplan
die radioman toets die sein ‘n laaste keer

In stilte lê hul verder en wag vir die gruwel oomblik
vyand trap die pootjie fakkel duisternis word helder dag
duisend -voet- fakkel verskaf die lig

Blare ratel en val op die grond
ongekende chaotiese geraas , net vir ‘n wyle
dan die doodse stilte die doodsakker het sy oes kom haal

Jy ruik die kruit en vergiete bloed
gelukkig was dit nog nie jou tyd
helikopter land om beseerde makker op te pik

Salueer brawe manne , Soldate van weleer

@Lenel




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed