Reggekry
die vloer is glad
deur jare se skuur
van dekor bewegings heen en weer
van kunstenaars wat repetisies herhaal
van musiek, dans en toneel
om drome bo vloervlak te kry
Dan klap die hande
vloedligte bars oop, die gordyn gly verby
stof deeltjies vang die sekondes vas
tannies se mode resensies stop
en note, voete, stemme is in harmonie
die vloer dra nou die hoë kuns
in kortbroek
hardloop vuil kleinseun
deurdie buurman mielieland
veroordeel as ag die bywonerkind
nou stryk vingers, klop voete en styg die stem volmaak
egter nog net die vloer verstaan die kunstenaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.