Jongste aktiwiteit:

My wens: ‘n Hart wat omgee (Silwer)

te midde van onweerswolke
en dreigende gevaar
rank my drome soos wierook
om verwagting te baar

te midde van entiteit
se vooroordeel en gegis
wens ek vir die lewe te vra…

dat my oog regverdig sal kyk
nie van goeie waardes sal afwyk
dat my hand oop sal wees om te gee
nie vuisvorm en onmag skree
dat my oor simpatiek sal luister
my mond nie oordeel of onmin fluister

want te midde van al die onsekerheid
bid ek dat my hart liefde sal stort
elke geleentheid met verwagtig sal omgord

©Driekie Grobler




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed