Jongste aktiwiteit:

Saam wie wil jy loop?

Vergeld in dwaasheid
van onkunde
waar die duisternis
jou omkeer

soeke smag vergeefs
na die teerbaarheid wat
liefs afgesluk moet word

drome se spore van gister
lê saam spyt oor jou slape
kringe van treur se verbeur
wat toekyk hoe jou
geestelike armoede
die stof weg waai
tot niet

bakhand opsoek na son
vir ñ lewe
sodat die grou kan kwyn
en jou sorge verdwyn
want jou kinders
soek meer
as wat die wêreld kan bied

hulle is honger
jy is honger
vir kos
maar meer as dit
vir die waarheid
want die leuen bly net steel
en jy is keelvol

moedeloos

val jy neer
verpletter
verweer
teen die bose
se gewetenlose stryd
om jou te verower

jy is moeg baklei
vir ñ plekkie in die son
en die leemtes wat teen
jou in opstand kom

ñ bose natuur
tot hiernatoe verduur
tot niet

want vandag is die dag
wat jy jou Heiland ontmoet
die dag wat jou toekoms
jou glisters kom groet

want jou waarde lê nie
in die uithoeke
van die wêreld nie

jou waarde lê in die liefde
Die liefde wat Mens geword het
om jou vry te maak
los te maak
van die bose magte
van die verganklike aarde

want jy is

as uitverkorene gekies
bestem om in oorwinning
tot in ewigheid te leef
saam jou Vader, Sy Seun
en die Heilige Gees.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed