Jongste aktiwiteit:

In alles lê liefde

Die liefde lê bewegingloos
by die opening van jou hartsdeur
daar waar jy laatnag
gebede treur
oor verlange
begeertes
en seer

dit lê in dankbaarheid
vir die dag se loon
en die bekommernis
van wat moontlik kom

in die woorde wat brand
oor jou wange
oor alles wat
jou gevange
hou in gister se grou

die liefde lê en klop
by jou hartsdeur
wanneer die wêreld
jou vreugde verinneweer

laatnag wanneer die maskers
vergete
net die jy
binne jou
terug staar

die liefde
lê in die hoop
in die begeerte
in die probeer

om vir nog ñ dag
biddend te baklei
totdat jy
die deur oopmaak
en besef
jy is eintlik al lankal vry.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed