Jongste aktiwiteit:

Ontsnapping

komplekse remlewe se uitgebreide beperkinge
gejaag na wind in ʼn netwerk van stadskringe
versmoor in ʼn hamsterwiel van moderne waan
die robotpionne van mal metropoolbestaan …

aan die buitewyke waar voëlsang nog galm
en briese deur heide en boomtakke psalm
vind my snakkende voetval deur veldbioom vrede
en stof se talkpoeier verdoesel my verlede

my spore groei geil in selfgetrapte pad
oor rots en klip en stroomkabbel se spat
onder ʼn hemel wat helder in sonsoen glim-lag
hier in die natuur haal ek weer asem, vandag

die klein is hier groot in vele spatselveldblom
skielik sien ek die plek waar die son opkom
die bome se skadu’s kol komberse vir sit
ʼn plek om te tuur en vir ʼn toekoms te bid

ek sien spore van diere in die rou grond getrap
(dié paar wat die stad se opslurp ontsnap)
ʼn visarendroep toeter welkom in my verkeer
hier’t als ‘n plek en rede, soos geskep deur die Heer

oor vlaktes en heuwels van my moeder se lyf
bedek met haar skoonheid waaroor digters graag skryf
daar wandel ek in naaktheid van siel en van gees
want in die natuur kan ek uiteindelik weer mens wees

Etna Wepener ©️




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed