Jongste aktiwiteit:

Flenters

Ek weet my kind
jou hart is gebreek
aan tien duisend flarde
flenters geskeur!

Ek weet my kind
die liefde maak seer
Vind môre se wysheid in dit
wat jy vandag leer.

Jy hét nog so baie
sovéél om te gee
daar ís soveel beter
visse in die see…

Daar is soveel beter
te “kus” en te keur
as n bedorwe ou meisietjie
wat jou nie waardeer.

Wees maar geduldig
jy sal dié stryd ook wen.
Eendág uit die bloute
kry jý nog daai vissie
wat langs jou sal swem.

*Vir Viyahn*




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed