Jongste aktiwiteit:

Die avontuur van liefde

Geil groen blare
en blomme blou
soos vlinders vrolik, fladderend
waai kosmos in die wind

Maar diep, diep daar binne
toegedraai in spierwit linne
saggies lê dit en bewe
daar diep binne rus die liefde

In die winter is jy die kaggelvuur wat brand
die vlam en vuur wat my vertel ek is op die regte plek
die wolkombers wat ek om my vou om die koue van my lyf te hou
Ek is hier vir jou
jy is daar vir my
seisoene gaan gou verby

Die avontuur van liefde
laat mens soms ontnugter

verwese, bang, ontbloot en skugter
al sweef dit soos swaeltjies
deur die lug

liefde bely in die mooiste neurie-klank

want dis ook ‘n avontuur

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed