Jongste aktiwiteit:

Huiwering

was ek maar ’n stuk poësie

in liedtekste omskep

om vir die voëls voor te dra

sou mossies dalk die note sing

 

nou waai my gedagtes rond

is ek stom en kan nie praat nie

 

seer gee geboorte aan ‘n stem

want my siel hunker om soos musiek te wees

tog ontdek ek myself in ‘n woordleegte

wat gesluier in foutlappe hang

 

ek was die dowe note

terwyl jy na liefde smag

 

in opgee het jy donkerte aanskou

jou verhoog was leeg

maar toe jy ‘n laaste keer jou hart se gordyne lig

het ek die koesterwoorde as troos gebring

 

ek is jammer

my liedjie is laat

 

©️Wendy Leigh

 




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak