
Verstringel in jou
Verstringel in jou
lê die toue van liefde
Meegesleur deur
die sout van die see
Die trane vermors
op die glim goud sand
Het jou lief hê
sommer so
vir die lewe verpand
Wat is die waarde
van n hart in twee
Waaroor sal ek
die pyn vryheid gee
Lewe net voort
asof niks verkeerd is
Hou net die oog
op dit wat in nou is
Die verlede en hede
verdwyn in die niet
En om trane te stort
oor verby is verniet
3 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Nog een van jou pragwerke wat uitstaan