Deesdae se vrae (Onbeantwoord)
Geen gedagte-stilte
is meer in my mal kop te bespeur
wanneer jou stem knus lepel
in my oor kom lê.
Ek het weer op planete begin wens
die melkweg se sterre getel
want deesdae is daar baie gekromde uitroeptekens
saam al die ander wat kordaat regop staan
om hartjies langs jou naam te spel.
Wonder ek ook soms wat afstand is,
dalk ‘n gaping in tyd
want hoe kan twee wesens so naby in siel wees
maar in afstand ver te wyd.
Nou wag ek maar geduldig op daai Eendag
wat ons dalk nog sal ontmoet
intussen koester ek jou elke uur van elke dag
klewend in ‘n droom
ek hoop dat jy daarna sal uitsien
As ek my na jou toe kloon.
3 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
wanneer jou stem knus lepel in my oor kom lê Hou van jou beskrywing hier. Welgedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
lyk my deesdae is vrae is maar dieselfde as destyds se vrae :-) lekkerlees gedig oor daardie hunkering na iemand wat mens nog wil ontmoet. goed gedoen