Lewe van Niks
Hoor jy ook die klank van niks,
met die wind wat jou ore wiks?
Sien jy die muskiete om die sterre
soos gedagtes iewers in die verre?
Voel jy die eensaamheid van niks
en daardie lus vir ‘n lewe van niks?
Droom jy drome van vergane jare
en soek jy na ‘n vergete gedagte?
Skrik jy met die aanhoor van niks
en bewe jy wanneer stilte jou sus?
Die lewe van niks is vol van gevare
en oorweldigend net soos ‘n skare!
09/01/2016 (1976-06-23) © C. du Plessis
4 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto vir Viooltjie dat hierdie niks soms kan lawaai soos 'n skare van duisend. Iets anders uit jou pen.
-
Arnold
Soms groei dit uit niks.
-
neels
Altyd so n plesier om Casper se werke te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
dit is miskien die heel ergste, 'n lewe van niks. baie stof tot nadenke hier, Casper