Jongste aktiwiteit:

Eendag, lank terug.

Daar is ‘n stemmetjie wat my vermaan,
waarom bly jy dan net daar stom staan?
Môre, as die maan in stilte ondergaan,
sal jy ook nie meer vir haar bestaan.

Nou moet ek eens en altyd man staan
en vir jou neem in ‘n wilde wentelbaan,
met ‘n mag wat net ons kan verstaan,
wil ek dat ons hulle asems wegslaan!

Daai diep blou van jou oë gryp my aan,
jou teenwoordigheid laat alles vergaan.
Ek vra dat jy myne sal wees in naam,
blou oog nooi, ons twee hoort saam!

Net daar staan ons onder die maan,
diep aangedaan, stil bly ons staan,
en die vreugde wat in ons omgaan
laat tyd en die werklikheid vergaan.

31/03/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed