Moeder
In die hande van my Moeder
Word alles skoon voltooi
Met sagte kwas se hale
Maak sy mens en alles mooi
Het sy die foute uit gehaal
Met hart en sinvolle daad
Van negatief tot skilder skoon
Tot portret mooi foto kloon
Dit was die werk van haar hande
In haar jonktyd se vreugde uur
Vandag lê die sagte hande stil
In haar blik het n hartseer tuur
Haar jonktheid se verwagting
In die winter van lewe, dood
Haar hande hou nog altyd vas
Nou opgevou in haar skoot
onthou lê soms ver verby
As die siekte van jare,
Haar na die verlede terug lei
7 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Inderdad hartseer maar uitsonderlik gepen.
-
Arnold
So staan alle moeders uit wat die kuns ken hoe om haar huisgesin te vertroetel, en dan weer die stille terugkeer na haar ewige woning.
-
neels
Wat is n huis sonder n moeder. Pragtige ode aan n moeder
-
Timothy Timmie De Vos Botha
Puik verwoord vir 'n Juwel Moedr, rerig baie baie mooi hou so aan, ek volg jou gerus!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n teer skrywe oor jou moeder, wat emosies in my wakker maak. baie goed gedoen :-)