Jongste aktiwiteit:

Sou jy raak kon raai

As twee verrimpeld’ ou hande
bloubleek oorkruis loop lê
sou jy dan raak kon raai
wat ek onder die wilger wou sê

Ons deurtrap tweespoor voetpad
langs die oer-roes windpomp
dan steil op teen die rant
my hande in joune gekelk
toe jy jou hart aan my verpand

Waar seemeeue kras op dek sou skree
soutsproei egalig deur hare vloei
sou jy speels met wysvinger
‘n traan van my wang wegvee

Daar waar die visarend
vryvlerk wind-swiep
die wind sy eie melodie blaas
het tromme van hartdromme
luidkeels saamgeraas

Maar hier is ‘n kinkel in die kabel
want haar siel is nou vervreem
vasgevang, ver weggeneem
dus bly hierdie dan net ‘n fabel




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak