nog altyd
nog altyd
soms trek verlange
effens skuins
teen die vloei van my grein,
speel alleen voel,
met die kontoere
in die sag van my hart…
warrel beelde in drome
teen die kante van my wens…
voel ek jou teer,
binne die vol van my bestaan,
so of jy daar was,
saam deur die loop,
op die pad van my leef
@Anton Kilian
4 Kommentare
-
Anze
Mal hier oor!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Uistekende beskrywings! Sjoe dis mooi man.