Skurwe Bene
die stof wind
skroei oor stoppel land
en stoot die laaste vog
in sand duie vas
kinder bene vel
is wind skurf geskroei
en skilfer in wit vlokkies af
onder wag ń nuwe vel
dorre grond lê
swanger met saad
dié wind bring reën
om ń nuwe oes te baar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.