Kupido droom van Venesië
Ek huur vir jou ’n Gondelier en sy lied
wat aandstonds roei op die kanale
van jou gemoed –
teen sonsondergang gegiet
hang ek ’n kandelaber
in die vensters van jou siel –
roep ek jou Ghantang
om heimlik te vergader
gee ek vir hom ’n kanoentjie
en skets vir hom ’n illusie
sonder enige suspisie
gee hom die raad van ’n soentjie
vertel hom van Archilles se hart
en sy sandelhout aroma
gee hom die woord van ’n himne
om jou te betower
en leer hom die fynere takt
kwas ek ’n kleurgamma in sloepe
en laat jou drink uit die febriele
dejavu van trosse barlinka
en verlok jou in Venesië se poele.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.