Jongste aktiwiteit:

Oorwinning

Oorwinning
bring vir my ‘n pleister
plak dit oor die seer van hierdie storm
die een wat brul en brom en braaf
my gees met vernietiging wil skaaf
vee net eers die bruisende bakterie
wat afbreek en kil-kouend knaag
plat
baai dit in soutwater
traangevulde skoonmaak nog ‘n keer
skoon
op my knieë, Heer
versigtig om nie te ontsteek
dit wat nou berusting moet vind
die bedaarde storm wat luister na Sy stem
en wyk voor die Almag van ons Heer
al wat storm is nou my hande na Bo
met ootmoed en ontsag vir Hom
wat met een enkel’ bevel
oorwin, die krag van die dood
©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed