Jongste aktiwiteit:

Wie is jy en wie is ek?

Alleen wie

wie is jy, wie is ek
as jy daar doer
en ek net hier
gedagtes wissel
maar wel versuim
oor ‘n kuberruim
‘n nagkombers
oor ons harte aan te trek?

wie is jy en is ek gek
om jou beelde vas te vang
in grepe van seisoene
of harmonië van kleur
oor jou diepkyk seer te rou
as jy my teen jou hart sou vashou?

wie is ek en is jy
eensaam-alleen
wyl ek kaalvoet stap
en deur die melkweg beur
jou naam aanhou fluister
as die wind na my luister?

wie is jy en wie is ek?
twee siele in serie verbind
maar geen bekende woord kan uiter
ons het mekaar nog nie gevind
woestyndors smag ons beide
na vervulling met die perfekte maat
ek is hier en jy is daar
kom ons reik net na mekaar

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak