Jongste aktiwiteit:

Ek is ‘n Koningskind

Liewe Heer,
dankie vir denke en dat dit wêrelde oopmaak
dankie vir gehoor en die reënboog van klank
dankie vir reuk en die aroma van lééf
dankie dat ek met geestlike oë U Genade kan ervaar
dankie dat my oë U werke hier op aarde kan aanskou,
dankie vir die smaak op my tong, meestal vol van U bederf
dankie vir die senuwee-eindpunte op my vel en dat ek kan voél ek leef
dankie vir die beweeglikheid in my ledemate en dat dit my dra
dankie vir die woorde waarmee ek kan kommunikeer, maar bowenal
om U daarmee te kan loof, eer en prys!
Dankie vir die mense rondom my, dat ek nie alleen is nie
al is ek soms eensaam, weet ek daar is altyd iemand naby
Dankie Heer, dat ek ‘n Koningskind is!
Amen

©Tharina Schnetler




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed