Félicitations pour votre vie
op my duin
daar is nie plek vir haat
geen plek vir beuselagtigheid
daar sweef gedagtes soos meeue
beskou die diep blou see verleë
alles wat ek daar sien gebeur
die afgeronde jare in eeue
lankal terug tot vandag
wie jy was en is gedeë
aangeslane goud miskien
maar blink net onder jou vel
waar geeste spook om beheer
van wat jou siel jou moet vertel
swewe voort op vlerke van meeue
duik en ontdek in jou ewige reis
solank golwe strand toe keer
jou oë in my oë flikker
son fynbos uitdroog
wind sand beweeg
so lank sal ek
hier wees
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek