Karavan
op ń vlakte
lans ń grondpad
sonder enige dorp
met net stof as bure
staan ń karavaan
alleen op ń kruising
trek die braaivleis reuk
opsoek
na honger neuse
tussen hier en vêr
voorskoot man
staan vlytig op
as sy rookmis my inkatrol
vir ń volmaag
sensasie
rook seine
uit horison fabrieke
stuur stinksuur noodseine
van vele familie
leë mae
wat sal ek koop
op risiko
van goor maag,
en dis altyd te min
vir dié gemeenskap saak
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.