Jongste aktiwiteit:

Oktobermaand

onthou jy
hoe pers die jakarandas
in oktobermaande blom
as geure van laventel
op die morewinde kom

onthou jy nog
hoe vrolik die pieterpol kan sing
met sy borrelende wysie
die lente vir jou bring
en die bokmakierie-liedjie
in die vroeë moredou
helder in saffierblou lug
“piet-my-vrou, piet-my-vrou”

o oktobermaand
kom giet tog weer jou
geil son oor die grond
kom speel een keer nog
jou geel lig om my rond
bring die lente een keer weer
op die noordewind se maat
ja sprei jou pers tapyt
nog een keer in die straat

Estelle Rubow
01/10/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed