
ONS HEILAND
ONS HEILAND
Ons Heiland is gebore
Betlehem se Jesuskind
die blinkende môrestêr
kom die wyse manne van vêr
hulle bring die feesgety
Klokke weergalm in die hemel
trompetgeskal word uit basuin
in die stal lê die heil’ge kindjie
wat die blye boodskap bring
wat diep in ons harte sing
die wêreld is verlore
sonder hierdie Koningskind
sy naam is heilige Jesus
vertrooster en Heil’ge Gees
Almagtige Koningskind
sonder U is ons verlore
die mensdom is vermink
verdrink in hulle sondes
waar gaan ons almal heen
ons ewige liewe Heer
ons vra U vir genade
na die lewende heilige gees
wat liefde en vrede bring
in hierdie geseënde Christusfees
©Eleen van Deventer Vorster
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek