Jongste aktiwiteit:

Stil word vir God

daar bo-op Mariepskop
daar raak ek stil
en dank die Here
vir goed groter as ek
dis waar ek die Here my God
vrees, want vrees vir my Here
beteken dat ek Hom waardig ag
bokant alles hier op aarde
tussen rotse en klippe
wat bokant my uitstrek
waar net God se hande
met soveel grasie Sy Almagtigheid bewerk
tuimel hul bo-op my weet ek daar was ‘n rede voor

maar saans op my bed
is dit ek en die res
wat ek voor Jesus se voete
neerlê
daar waar ek kan dankie sê
en my sondes kan bely

dan kry ons weer Meiringspoort
waar jy so klein soos ‘n mier
die natuur aandurf
daar waar my ego terugdeins
wanneer ek met Hom praat
Here die liefde wat U gee
in beskerming so groot
kan ons nie eers vergelyk
met daardie poort
wat bokant ons uitstrek nie

Almagtige Vader in Sy hand
word ons geformeer vir U liefde
weet ons U redding alleen
kan ons harte na U draai

Al die Eer aan my Koning
Jesus Christus ons redder

Louisa Van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed