Aggressie uit jou kinderdae
liefdevol gee jy voor aan ander
maar diep binne in jou lê daar ‘n berg
donker tonnels waar deur jy veg
opdraandes en afdraandes
soos ‘n teerpad vol klippe
wat skuur aan jou hart
jou binneste was verpletter
en verander jy soms in ‘n ander mens
daardie gesplete persoonlikheid
dan ontmoet jy skielik iemand
wat liefde op jou tafel kom neersit
en bedek jy jou seer agter ‘n masker
en kom jy liefderyk voor vir ander
maak jy jou wys dat die liefde
beslis alles gaan verander
dan op ‘n dag skiet die moermeter in
en daardie aggresiewe persoon
klim uit ‘n kas wat almal laat skrik
en die naaste aan jou is jou liefde
die vrou wat jy gedink het alles sal verander maar daardie deel was nooit vir haar beskore want liefde was jou voorland inteendeel so het jy gedink
en jou slaansak word die een wie jy liefhet
met die tong of met geweld
slaan jy toe op haar wat die naaste is
terwyl sy nooit die oorsaak was
jou aggressie was nie haar verantwoordelikheid nie
sy het dit nooit veroorsaak nie
hoe lank wil jy nog weghardloop
met woede wat opgekrop is
hoekom veg jy nie met jouself nie
maar veg eerder met hulle
wat van jou bestaan nie eers geweet het
vergifnis kom nooit vanself
jy is die een wat dit moet verander
in jou moet jy vrede kry
jou seer moet jy omdraai en wegwys
sodat die wat jou liefhet
kan sien jy het nog ‘n hart wat omgee
want diep het jy ‘n hart
maar jou teleurstelling in ander
maak jou aggressief teenoor hulle
wat lief is vir jou
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.