Jongste aktiwiteit:

‘n Les uit die “Lied van die lewe”

‘n Les uit die “Lied Van Die Lewe”

Musiek is allermins ‘n reeks van note en woorde, maar veel eerder ‘n venster na die siel van die mens. Musiek besit die krag om my diepste gevoelens, vrese, drome en herinnering uit te beeld. Een van die liedere wat altyd met my resoneer, is Gé Korsten se “Lied van die lewe”. Die lied het vir my ‘n baie spesiale plek in my hart, nie net vanweë die aangrypende melodie nie, maar ook vanweë die lewenslesse wat dit aanbied.

In die woorde van die lied sien ons die lewensiklus van die mens, dit begin by die onskuldige dae van ons jeug tot by die kalmer jare van ons in ons ouderdom. Die terugblikke van die jeug wek by my die gevoel van matelose nostalgie. Die besef van verganklikheid tref jou as jy na die woorde: “dikwels gaan dit so gou verby”, luister. Onmiddellik besef jy dat jy elke oomblik voluit moet leef en die lewe moet waardeer.

Een tema wat vir my uitstaan is die vloei van tyd. “Om jonk te wees, bring lekker dae …”, sing Gé, maar hy voeg ook heel gou by: “Niemand dink aan die tyd wat verby gaan.” Die subtiele waarskuwing dat alhoewel die vryheid en vreugde van jonkwees geniet moet word, dit dalk ook die tyd is waarin ons dikwels onbewus is van die waarde van die oomblik.

Met die luister van hierdie lied, het ek besef hoe belangrik dit is om die hede te waardeer, elke dag te leef asof dit jou laaste is en om nie net vir die toekoms te leef nie. Dikwels word ons so vasgevang in ons daaglikse doen-lysies dat ons die skoonheid van die oomblik in die hede misloop.

Met die “Lied van die lewe” het ek paar lewenslesse geleer. Die heel belangrikste is dat die lewe ‘n kosbare, groot geskenk is, iets wat baie vinnig verby kan gaan, en dat ons elke oomblik van ons lewe moet geniet en waardeer.  Dit herinner my om nie meer bewus te wees van die toekoms as van die hede nie.

Ter afsluiting wil ek noem, elke keer as ek hierdie wonderlike lied hoor, herinner dit my daaraan om die lewe te vier, mekaar te waardeer, en ook om huidige tye te koester. Want soos dit aan die einde sê; “dikwels gaan dit so gou verby.”

Kyk gerus weer na die woorde:

Lied Van Die Lewe. 

Om jonk te wees bring lekker dae, die son skyn daar op elke dag

Die kinders skaats en ry fiets in die strate, jongmense luister na nuwe plate

Niemand dink aan die tyd wat verby gaan en dat die lewe net nie stil sal staan

En dat die lewe net nie stil sal staan

 

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

 

Ja, dikwels gaan dit so gou verby

 

Maar die lewe sal nooit stilstaan, dae kom en dae gaan

Die jonges trou en gaan op hul eie, nou kom daar soms sware tye

Almal werk net vir die hede, ure, maande en jare vlieg soos die wind verby

Ja, ure, maande en jare vlieg soos die wind verby

 

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

 

Ja, dikwels gaan dit so gou verby

 

Die oues word dan ook weer ouer, hul word dan oupa en oumamma

Die dae word dan vinnig korter, langsaam gaan die son dan onder

Herinneringe laat mens oor die lewe wonder en lewe vol mooi en troebel dae staan aan einde toe

En lewe vol mooi en troebel dae staan aan einde toe

 

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

Sing met my 'n lied van die lewe, sing met my van jonk en oud

Die lewe gee soveel mooier dae maar dikwels gaan dit so gou verby

 

Ja, dikwels gaan dit so gou verby

 

Koester elke oomblik.

©MarleneErasmus

30/08/2023

(390 woorde sonder die titel en die lirieke van die lied.)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak