Jongste aktiwiteit:

Musiek & liriek (silwer)

In ‘n liedjie van verlange
reik my hande uit na jou
maar dis net skimme uit vergange
wat my in melankolie toevou

want die stilte tussen ons
is oorverdowend koud

hier waar harte eens duet het
sonder seer of voorbehoud
in die dryfsand van herinnering
onthou ek nogmaals hoe

die trane op my wange
bittersoet soos liefhê, proe

maar tog, al skaaf jou wegwees
die seerplek in my rou
onthou ek ook  nuanses
in die song van ons twee saam

en bêre húl lirieke
in ‘n krapboek met jou naam

©️Elize Kruger
30 Augustus 2023

krapboek – scrapbook




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed