Dis tyd
Dis tyd
Dis tyd my vriendin om op te staan
ek gee jou my hand,
saam vorm ons ‘n sterker band,
ek sal jou nie laat gaan.
Die droogte het jou uitgeteer,
afgebreek tot teen die been
met niemand om op te steun,
die skeiding het jou verrinneweer.
Jy benodig sagte liefdevolle sorg,
kom saam met my,
jy het genoeg gely,
my liefde vir jou is gewaarborg.
Ek lei jou na waters van rus,
ek tap vir jou ‘n borrelbad
saam stap ons jou alleenpad,
my warmte omvou jou saggies en knus.
C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.