Jongste aktiwiteit:

Jackie

Jackie, vanaand in my nommer 16 jeans
Pak ek weer ons boks uit met die foto’s van James Dean
Voel dit skielik soos soveel jare terug
Toe Gert jou trou gevra het met “Red Red Wine” op die lug

My nr 16 jeans is vol stories wat ek jou wou vertel
In my nr 16 jeans is ek alleen sonder jou towerwêreld
Want jys dood voor jy nommer 16 jeans kon dra
Jys dood voor jy my oor my nommer 16 jeans kon vra

Nous jy in ‘n engel bende en die hemel jou fort
Spookasem sag sweef jy êrens bo watte wolke rond
Alice se haasgate en Peter Pan se sand se tower is weg
Dat ek jou mis is gewis ‘n hot topic op die hemel aansteekbord want jy was my heel beste secret tribe pal

Ai Jackie, trouman Kevin, jou highschool sweetheart,
Nes jy, dood gekry, gedeel ‘n swart kaart
Want Moeder Aarde en Vader Tyd dans ‘n dodelike tango
Wispelturig en vinnig soos ‘n koeël uit die geweer van Rango

Ai Jackie, vanaand, in my nr 16 jeans,
Dink ek weer aan jou waar jy ‘n glasie klink saammet James Dean
Stort ek op jou begrafnis brief ‘n onthou jy nog traan
En stuur ek ‘n dankie nota oor jou vir God en ook die man in die maan…

net kulu




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed