Jongste aktiwiteit:

Kanferfoelie Genade

As die kanferfoelie blom in die nanag uur langs die heining om my hart
Slaan ek my tent op in die melkweg se boeg
Sing ‘n naaldekoker my ‘n wieglied op die maan
Braai ek my karmenaadjie op die kooltjies van die noordster se as

As die kanferfoelie blom spat sy kleur ‘n masker oor my grou
Lyk my tent warm aanloklik as jy deur jou teleskoop kyk
Wag ek vir jou lasso en jy vir my om my hare af te gooi
Drup die boeg van die uurglas vol met verspeelde tyd se dou

As die kanferfoelie blom gooi ek saadjies sodat vandag môre kan ontkiem in lagies neergelegde drome
Vang ek vis met die rafels van ‘n wolk sodat my wonderwerk kan vermeerder
Bak ek brood met my laaste meel op die skadunet langs die son
Loop my kruik oor van Genade

net kulu




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed