
groot groter begroot
–
hoe ouer mens word
hoe kleiner lyk dinge
uit die verre verlede
–
hoe langer mens lewe
hoe groter die behoeftes
hoe kleiner lyk pensioen
–
eers word mens langer
dan word jy net breër
uiteindelik krimp jy weer
–
as jy vir groot begroot het
weet dit gaan te min wees
gaan vir groter, wie weet…
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Driekie
Waar woorde, goed gestel