Erfdeel
Geen wanhoop wandel in my wese
met wortels gebind aan die Lewende Boom
as ek my daaglikse wandel
met bedekte gebed omsoom.
My oë sien reeds die wagtende glorie,
my hart jubel saam met Engelekoor
waar ek vashou aan my geloof
as die vyand sê ek’t reeds verloor.
Die dinge wat ek nog nie sien
is lewend in my geestesoog
en is ek vas oortuig
van ‘n vooruitsig wat Hy beloof.
Waar vreugde hooggety sal vier,
waar liefde altyd oorheers
en geen pyn en seer
my sal verdrink in ewige vrees.
Paula Paxton©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek