maak reg wat krom is geskryf deur Dale Penderis © kLop klop disselboom ʼn handvol gerwe en ʼn valse kroon nege vrot vrugte vir ʼn omgekoopte loon gifappels en demone engele sonder krone uitgespeende bittermelk koeie van basan ongelyke dobbelstene agterryers van laban ontblind ons vir die waarheid saai die mosterdsaad geil om ons vuil […]
bittersoet oorwinning geskryf deur Dale Penderis © die stringkwartet sit my ore vol die verhoog is in my kop elke ses-string-snaar fyn beaar ʼn eg musikale chop speel my stil met jou basviool crescendo trillings in vol basuin soos die nagrefrein van ons samesyn die wintervuur vlammend in vloed en my halfvol glas – semi-soet […]
verwerp om te skyn geskryf deur Dale Penderis © droog af jou trane die son sál weer skyn jou binne-seer sál heel jou smart sál verdwyn hou vas aan die Eén wat jou mantel van rou verruil vir die feeskleed geweef net vir jou hou vas, My kind, moet nie meer ween óók Ek was […]
Cheers! geskryf deur Dale Penderis © sout en peper suikerbos en stroop so krui’ ek my dae toegedraai in hoop heuning en dikmelk my ontbyt is groot so word ek versadig deur my daaglikse brood balsem en vye gemaak om te heel my liggaam ʼn tempel as ek bly by die reël my liggaamspoort ook […]
verwerp om te verstaan geskryf deur Dale Penderis © die grenslyn van my hart is lank en breed uitgestrek a double story built with purpose om seer siele te betrek ʼn visie en ʼn missie om jou seer te help dra, want dis wat God’s heilige woord van my vra elke kamer is versier met […]
Basileus Basileon geskryf deur Dale Penderis © Een helder-maan-nag stap ʼn man met sy vrou op ʼn esel, in pyn gelooi Sweet gepaard met versmorende gille; dit is ʼn vrou in kraam Geen plek by die rykes, gelei na ʼn stal by n krip tussen diere en strooi Pynvolle krete … ʼn oomblik se stilte […]
Natuurseënwense geskryf deur Dale Penderis © Mag die enkele woestynblom tydens jou binnesoek reis jou oortuig dat hoop nie beskaam, terwyl volblom kleure wys. Mag al die woestyne se ontelbare sand jou herinner aan ʼn belofte uit God se hand. Mag jou koskaste kreun; dragtig aan oorvloedige manna steun, deur die Here geseën. Mag, wanneer […]
Die Ballade van Moses geskryf deur Dale Penderis © Die geklank van ʼn geween deur die vensterlose huis Die ongestrooste moeder wat huil oor haar seun; huil oor haar seun Troosteloos, ongespeen Geluide van ʼn baba wat huil in die Nyl Die hart van ʼn donker godin; bekoor deur ʼn baba wat kla en kerm […]
Ek Behoort geskryf deur Dale Penderis © Van jongs af wou ek net behoort, wat maak my dan so anders? Nooit regtig êrens ingepas, moes doen en wees soos ʼn sekere soort Uitgesluit, verstote… Verwerp, nie goed genoeg, gevoel die vyand pik op my deur slinkse planne my oortuig ek kan ook aandag kry Liefde […]
my stabiliteit geskryf deur Dale Penderis © in die storms van feilbaarheid en menslike onstabiliteit is U vir ewig en altyd my beloofde standvastigheid al bevind ek my in ʼn kolkende rivier sal die waters my nie oorstroom want U is altyd vir my hier al brand die vure fel in ʼn vuuroond vlammehel kyk […]