my stabiliteit
my stabiliteit
geskryf deur Dale Penderis ©
in die storms van feilbaarheid
en menslike onstabiliteit
is U vir ewig en altyd
my beloofde standvastigheid
al bevind ek my in ʼn kolkende rivier
sal die waters my nie oorstroom
want U is altyd vir my hier
al brand die vure fel
in ʼn vuuroond vlammehel
kyk ek nie angstig heen
dis op Ú op wie ek steun
gister, vandag en tot in ewigheid
staan Sý woorde vas
ʼn onbeweeglike beleid
daarom begroet ek elke dag
met ʼn hart vol dankbaarheid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.