Ek behoort
Ek Behoort
geskryf deur Dale Penderis ©
Van jongs af wou ek net behoort,
wat maak my dan so anders?
Nooit regtig êrens ingepas,
moes doen en wees soos ʼn sekere soort
Uitgesluit, verstote…
Verwerp, nie goed genoeg, gevoel die vyand pik op my
deur slinkse planne my oortuig
ek kan ook aandag kry
Liefde gesoek en gesoek en gevind
maar dit was net woorde, geblaas in die wind
Ek wou net behoort, skree my siel binne my
Gee my ook aandag en ondersteuning daarby
Dan sou ek dalk ook word wat ek graag wou wees
Maar kon skaars opkyk gebore uit vrees
Hoekom is ek anders, dit skreeu binne my
Wys my die weg waardeur ek verlossing kan kry
Genoeg is genoeg ek wil óók mos behoort
Jy kyk af langs jou neus en sê ek’s nie jou soort
Iets nuut word gebore hier binne in my
My vrese verloor toe ek die Goeie Nuus kry
dat Hy my geskep het om aan Hom te behoort
dit staan so geskrywe in Sy Lewende Woord
Ek behoort, ek behoort, ek behoort ek is vry!
Aanvaarding, oorwinning deur die Here gekry!
Voel jy alleen, asof jy nie behoort?
By Jesus se voete is plek vir jou soort…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.