Lewenstenk
die heeldag steek ‘n woord vas
soos ‘n knoop in ‘n das
soos ‘n hartseer in die keel
maar dit is gelukkiger om te deel
‘n klein woord met groot betekenis
‘n woord met aksie wat groot is
daar is net Een wat dit kan beheer
dié woord red ons van groot seer
Genade is die woord
Genade is onbeskryflik groot
Genade is deel van ons daaglikse brood
Genade red ons dikwels van die dood
dankie Liewe Heer vir U Genade geskenk
wat ons red van die wilde lewenstenk
Jackie de Klerk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.