Hawe
warm sand gly
oor voete, tussen tone
omdraai die laaste gedagte
kom steek jou voete in
vlak en koel af,
lafenis is die nou gedagte
ń watermonsterrippelrug
lê in ń dun skuimwit streep
asem bo water die angs gedagte
water knaag om voete
salpeter stekies kuite al hoër
oorlewing nou al gedagte
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.